Kollega van die GROEI-projek, Nioma Venter, deel graag 'n wonderlike ervaring wat sy saam met ons direkteur, Braam Hanekom, gehad het. Hulle het 'n hele paar huise in Macassar en Khayelitsha besoek waar gesinne besig is om groente te plant.
Die boerboon-tuin by 'n skool in Macassar is deel van ons #GROEIprojek. Twee vroue bewerk hierdie grond, voorsien groente aan die skool se sopkombuis en verkoop die res vir eie lewensonderhoud. Hier is boorgatwater op die stukkie grond.
Nioma vertel dat sy die grootste boerboon wat sy in haar lewe gesien het, by hierdie tuin gesien het!
Comments