Die Hoop en Versoening Trust, in samewerking met Diaconia en die Groen Span, deel hulle groentesaadprojek, #GROEI, se vorderingsverslag van 2020.
Hierdie innoverende projek het vanjaar geloods met die visie om 'n volhoubare leefstyl in gemeenskappe regoor Suid-Afrika te bewerkstellig. Sover het 45 instansies en kontakpersone saam handegevat om hulle gemeenskappe met #GROEI te verryk. #GROEI het ook 417 Bedieningspunte bereik en 3 groeipunte is in gemeenskappe begin deur eie inisiatiewe. Hulle is tans besig om nog 6 nuwe groeipunte te stig.
Die volledige jaarverslag kan hier gelees word.
Comments